AHI Nasionale Kongres 5 – 9 Oktober 2015

ahi-logo-final5Die AHi se nasionale kongres vind plaas vanaf 5 tot 9 Oktober 2015 in George. Die tema is die rol van besigheid in plaaslike regering en in plaaslike ekonomiese ontwikkeling.

Die nasionale kongres sluit verskeie besigheidsperseel-, gemeenskaps- en skole besoeke in vir die Dinsdag en Woensdag. Daar is ook interessante sessies oor entrepreneursopleiding en paneelbesprekings. Moet ook nie die opwindende Gholfdag by Kingswood Golf Landgoed op die Woensdag misloop nie.

Donderdag 8 Oktober is daar verskeie besprekings oor ABCONN, Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling, Entrepreneurskapsopl eiding en die AHi-Voorspraak. Die Algemene Jaarvergadering vind ook plaas.

Vrydag is gevul met sprekers soos prof. Jannie Rossouw (Wits Universiteit) , Mnr. Francois Groepe ( Adjunk-Goewerneur, Reserwe Bank) en minister Nhlanhla Nene, (Minister van Finansies). Die dag word afgesluit met ʼn gala-dinee te Tramonto. Tydens die gala-dinee word verskeie toekennings gemaak en die nuutverkose AHi-President en 2de Vise-President aangekondig.

Vir meer inligting kontak Marieta van Zyl by 012 348 5440 of marietavz@ahi.co.za.

Vir die volledige program klink hier

Sien onder vir meer inligting.

111

222

333

444

Share Button