Die 2013 OCC en Rotary het julle Hulp Nodig !! “Goodie Bag fillers” en Geld !!

In 2006 het die OCC Suid-Afrikaanse kampioenskap status ontvang by SASAPD (Suid Afrikaanse Sportraad vir Persone met Gestremdhede). Gedurende dieselfde jaar het dit Internasionale status ontvang met die eerste deelnemers uit Europa, Skotland en Amerika. In 2012 was die OCC ‘n kwalifiseringsgeleentheid vir die 2012 Para-Olimpiese spele.

George skud dus vere reg om gedurende Februarie volgende jaar weer tussen 2,000 en 3,000 OCC-besoekers met kenmerkende Suid-Kaapse gasvryheid te ontvang. Die samestelling van die reëlingskomitee is gefinaliseer en elke komiteelid gryp hul verantwoordelikhede met entoesiasme aan om voort te bou op die OCC suksesse van die verlede. Hulle beplan om die inskrywingsvorms reeds teen die einde van Oktober beskikbaar te hê vir verspreiding.

Geleentheid vir plaaslike besighede

Die hoofborge ACSA, George Munisipaliteit en Die Burger het hulle weereens verbind tot die sukses van die wedren. Die begroting van vlak oor die R1 miljoen is byna volskryf. Besigheidseienaars word tans deur die OCC uitgenooi om waterpunte, etes, toerusting, vervoer of verblyf te borg en sodoende hul name aan hierdie wedren met internasionale status te koppel. Die wedren lok baie mediabelangstelling en was verlede jaar op Algoa FM RSG en op SABCTV uitgesaai.

Die OCC gee verder ook jaarliks aan elke gestremde deelnemer en sy/haar bystandspersoon ‘n geskenkpakkie. Plaaslike besighede word ook genooi om geskenk-items te bewillig wat in die pakkies geplaas kan word. Daar word verwag dat gesamentlik 2,000 atlete en bystandspersone volgende jaar se wedren sal bywoon.

Navrae kan gerig word aan enigeen van die volgende komiteelede:

Ansie Swart by 079 397 4655, Marita Swanepoel by 083 610 2602, of Pieter Pepler by George Munisipaliteit 044 802 2009

Share Button

Leave a Reply