PKF Sake-aflos

 

Vir daardie middag laat ons die kantoorstres agterweë vir `n bietjie pret en spanbou. Aangeheg sal u die inskrywingsvorm met volledige besonderhede vind. Dit beloof om groot pret te wees! Die ernstige atlete kan poog om die pryse te wen, maar die sosiale hardlopers / stappers kan sommer net gees vang. En na ons lekker saamgedraf of –geloop het, kan ons ook smul aan die ware van `n aantal stalletjie houers – moet dus nie beplan vir aandete nie; kom eet sommer na die draf `n heerlike worsbroodjie of pannekoek. Alle opbrengste uit die kosstalletjies is ten bate van plaaslike gemeenskapsdiens instansies.

Die inskrywingsfooi word deur die Nedbank Running Club aangewend om ontwikkeling in atletiek en veral “Cross country” by minder bevoorregde skole en instansies te doen asook om te betaal vir hierdie kinders se vervoer en inkrywingsgelde by wedlope. Skole wat tans baat by hierdie inisiatief is skole in Waboomskraal, Kretzenshoop (Blanco), Franklen Primary School, asook Kidzstop.

Teken dus onverwyld hierdie datum in u dagboek aan en skryf dadelik u spanne van 6 hardlopers (2km elk) of 4 stappers (ook 2 km elk) in. Ons sien daarna uit om u daar te sien!

 

Share Button

Leave a Reply