Kaasfees

 

Navrae: www.georgecheesefestival.co.za; info@georgecheesefestival.co.za, of skakel (044) 874-2332 of 072 5320 189.

Wat maak die fees uniek?

  • Dit is die tiende keer dat die fees aangebied word. Wat dit uniek maak, is die feit dat dit almal vrywilligers is wat dit reël – dit is ‘n gemeenskapsfees met ‘n welsynsdoelwit. Al die fondse word in die gemeenskap teruggeploeg (hetsy deur die skool as fondsinsameling vir bv bussies of deur die res onder welsynsorganisasies in die gemeenskap te versprei).
  • DIt is dus nie ‘n kommersiële fees nie en ook nie ‘n nasionale fees nie, maar ‘n plattelandse kontreifees en die tweede rede waarom dit uniek is: al die uitstallers is plaaslike produsente van hoëgehalte kos en wyn (dus geen kommersiele ingevoerde items nie).
  • Die derde rede is die feit dat daar proesessies aangebied word; maw kaas word deur kundiges saam met ‘n verskeidenheid ander produkte aangebied (soos sjokolade, port, en let wel … bier!) Die bier is ‘n eerste vir ons fees en dit beloof om baie interessant te wees.
Share Button